top of page



Nog twee sluise by die Vaaldam is nou toe
Die Departement van Water en Sanitasie het nog twee sluise by die Vaaldam gesluit om uitvloei te verminder namate waterinvloei in die dam afneem. By die Bloemhofdam word uitvloei op 1 400 kubieke meter per sekonde gehandhaaf, nadat dit Maandagoggend verhoog is. Die departement sê hierdie beheerde vrystellings is bedoel om waterinvloei en -uitvloei in die damme veilig te reguleer terwyl die integriteit van die belangrikste waterinfrastruktuur verseker word. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Vaaldam se sluise bly oop
Die Departement van Water en Sanitasie sê die sluise by die Vaaldam sal oop bly. Die departement het hierdie week nog sluise oopgemaak ná swaar stortreën. Dit sê die Vaaldam is op 106,8%, en Bloemhof op byna 98%, ná volgehoue reënval. Die departement se Wisane Mavasa waarsku dat stygende watervlakke oorstromings kan veroorsaak en laagliggende gebiede stroomaf kan beïnvloed. Mavasa sê gemeenskappe, veral boere langs die Vaalrivier, word aangespoor om toerusting te beveilig, ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 28, 2025


Boere word gewaarsku oor moontlike dam-oorstromings
Die riviervlakke kan in die komende week styg nadat agt sluise van die Vaaldam ná swaar reën in die dam se opvangsgebied oopgemaak is. Netwerk24 berig boere langs die Vaal- en Oranjerivier moet dus paraat wees aangesien infrastruktuur in laerliggende gebiede binne die vloedvlakte geraak kan word. Woordvoerder van die departement van water en sanitasie (DWS), Amogelang Moholeng, versoek gemeenskappe in die Vaaldriehoek, Parys en ander laerliggende gebiede naby die rivier om wa

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025
bottom of page

