top of page

ʼn Minibustaxi met kindersmokkelry word by die grens onderskep

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 9, 2024
  • 1 min read

Die land se Grensbestuursowerheid (BMA) glo dat daar vordering gemaak word met die ontwrigting van onwettige aktiwiteite, insluitend mense- en kindersmokkelary. Eyewitness News berig dat BMA-grenswagte Vrydag 6 Desember 2024 'n minibustaxi by die Lebombo-grenspos onderskep het wat probeer het om 14 ongedokumenteerde kinders van Mosambiek na Suid-Afrika te smokkel. Die kinders, tussen vier en 16 jaar oud, is gered en aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling oorhandig. Die bestuurder is in hegtenis geneem en ingevolge die Immigrasiewet aangekla vir hulp aan onwettige toegang.

 
 
 

Comments


bottom of page