top of page

ʼn Tante is in hegtenis ná ʼn 2-jarige sterf

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Dec 10, 2024
  • 1 min read

ʼn 21-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat haar suster se tweejarige seuntjie glo herhaaldelik aangerand is tot hy sterf. Volgens kapt. Loraine Earle is die verdagte aanvanklik in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom wat met ʼn plaasmoord verbind word. Nuusflits berig die verdagte en haar kêrel het die kleuter na bewering van Reddersburg na Goedemoed geneem, waar die kêrel hom geslaan en geskop het. Die kind het bewusteloos geraak en sy liggaam is in ʼn blou gordyn toegedraai en op ʼn plaas agtergelaat. Die polisie het sy liggaam gevind  en die verdagte sal in aanhouding bly op aanklagte van moord.

 
 
 

Comments


bottom of page