top of page

Aanmerkings van CUT FM se stasiebestuurder staan dié universiteit nie aan nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 27
  • 1 min read

Die Vrystaatse Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein is diep bekommerd oor die groeiende diskoers op sosiale media rakende die onlangse uitsprake van CUT FM se stasiebestuurder. Die aanmerkings is glo tydens ‘n openbare poduitsending gemaak. Luidens ‘n mediaverklaring van die Universiteit staan hierdie stellings weens hul aanstootlike aard, ​​in skrille kontras met die waardes wat deur SUT gehandhaaf word. SUT distansieer hulle van die stasiebestuurder se opmerkings en optrede. Hulle sê ook alhoewel haar uitsprake in 'n persoonlike hoedanigheid gemaak is, vereis die erns van die situasie beslissende optrede, en sal ‘n deeglike, onpartydige ondersoek van stapel gestuur word.

 
 
 

Comments


bottom of page