Adoons sê hy ken nie die ontvoerde Martie du Plessis-leerder nie
- Armando Pieters

- Jun 30
- 1 min read
Die 42-jarige sersant Nzima Adoons, het Maandag tydens sy borgtogaansoek in die Bloemfonteinse Landdroshof volgehou dat hy nie die ontvoerde Kamogelo Baukudi of sy familie ken nie. Netwerk24 berig hy sê ook hy is nie bewus van die R7-miljoen-losbrys wat vir die 19-jarige se vrylating geëis is nie. Adoons is die eerste verdagte wat in hegtenis geneem is na Baukudi sowat drie weke gelede ontvoer is. Die graad 11-leerling is net voor die naweek ongedeerd in Wepener gevind. Nog vyf vermeende ontvoerders is op die dieselfde dag in hegtenis geneem. Volgens ‘n polisiewoordvoerder is slegs Adoons in diens van die polisie. Hy was ook die enigste van die beskuldigdes wat in die hof op aanklag van onder meer ontvoering en afpersing verskyn het.





Comments