AFASA sê swart Vrystaatse-boere het nie toegang tot grond nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 19, 2025
- 1 min read
Die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika (AFASA) in die Vrystaat sê baie kommersiële swart boere in die provinsie het nie toegang tot grond in vergelyking met hul wit eweknieë nie. Volgens SABC News het AFASA ná 'n grondgeskil tussen twee boere,'n memorandum van griewe aan die provinsie se Departement van Water en Sanitasie oorhandig. Die vereniging se kommoditeitsvoorsitter, Realeboha Mokhethi, sê 'n gebrek aan toegang tot landbougrond sal verder bydra tot historiese ongelykhede en ongeregtighede. Intussen berig South Africa Today die department sê hulle evaleer huuraansoeke van boere in Hoopstad, en beklemtoon dat grondtoekenning regeringsbeleid volg. Jong boere in die gebied beweer egter dat hulle uitgesluit is van die proses, met sommige wat amptenare van doelbewuste obstruksie beskuldig.







Comments