AfriForum bevraagteken polisiëringsprioriteite
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, sê die staat se onlangse hoëprofiel-arrestasies beklemtoon ongelyke aandag aan slagoffers van misdaad.
Die organisasie se Privaatvervolgingseenheid beweer dat verskeie verkragtings-, moord- en geslagsgebaseerde geweldverdagtes jare lank arrestasie ontduik het, ten spyte daarvan dat hulle aan die polisie bekend is.
Die eenheid se woordvoerder, Barry Bateman, sê die versuim om voortvlugtiges aan te keer, ondermyn die publiek se vertroue in die polisie en laat kwesbare slagoffers sonder geregtigheid of beskerming.
Bateman voeg by AfriForum het aan die minister van Polisie geskryf om opdaterings oor uitstaande sake te versoek en sterker pogings aan te spoor om verdagtes op te spoor en te verseker dat hulle voor die hof gebring word.
LUISTER HIER:








Comments