top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum eis ingryping ná jare se kaderontplooiing

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 29
  • 1 min read

AfriForum eis dringende ingryping ná jare lange volgehoue kaderontplooiing in die Nketoana-munisipaliteit. Maroela Media berig volgens die burgerregteorganisasie ly Reitz, Lindley en verskeie ander dorpe onder die verwoesting.


Dié eis van die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, en die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake volg in reaksie op die onlangse skokbevindings van ʼn parlementêre oorsigkomitee. Ernstige bestuur- en diensleweringsmislukkings in die Nketoana-munisipaliteit is blootgelê.


Volgens AfriForum se streekshoof vir die Sentraalstreek, Jaco Grobbelaar, word die Nketoana-munisipaliteit nou gekenmerk deur algehele verval, buitensporige hoë skuld, ineenstorting van basiese dienslewering en die plundering van munisipale fondse.


Hy voeg by dié kwessies is die direkte gevolg van die ANC se onverantwoordelike kaderontplooiingsbeleid wat oor jare heen bevoegde bestuur met politieke aanstellings vervang het. Kundigheid en integriteit het derhalwe plek gemaak vir politieke lojaliteit en het daarom onafwendbare mislukkings ten koste van alle inwoners tot gevolg gehad.


Hy sê solank as wat kaderontplooiing bo meriete gestel word, sal korrupsie floreer en gemeenskappe daaronder ly.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page