top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum gaan die Inligtingsreguleerder se matriekuitslae-appèlpoging teenstaan

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 7 days ago
  • 1 min read

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy gaan die Inligtingsreguleerder se jongste poging om teen ‘n hofuitspraak oor die publikasie van matriekuitslae te appelleer, teenstaan.


Die reguleerder het hom tot die Hoogste Hof van Appèl gewend nadat die Hooggeregshof in Pretoria verlede maand verlof tot appèl geweier het.


AfriForum sê die publikasie van uitslae met slegs eksamennommers beskerm matrikulante se privaatheid en dien die openbare belang. Volgens die organisasie se hoof van kultuursake, Alana Bailey, is dit die reguleerder se laaste poging om die uitspraak omver te werp.


LUISTER HIER:


Alana Bailey

Ter illustrasie. FOTO: Elroi Academy
Ter illustrasie. FOTO: Elroi Academy

 
 
 

Comments


bottom of page