AfriForum: Ons sal nie geïntimideer word nie
- Armando Pieters

- May 13
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie AfriForum beskryf die voortgesette ondersoek van hoogverraad teen hulle as ʼn poging om hulle te intimideer. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, voer aan dat pogings soos dié daarop gemik is om alternatiewe stemme stil te maak en dat dit kenmerkend is van onderdrukkende regimes wat met mening in Suid-Afrika teengestaan moet word. Kriel se reaksie volg op die Valke-hoof, Godfrey Lebeya, se aankondiging verlede week dat die eenheid steeds besig is met hul ondersoek teen AfriForum ná klagtes van hoogverraad vroeg in Februarie aanhangig gemaak is. Kriel sê die ondersoek sal hulle nie van stryk bring nie en hulle sal voortgaan met hulle werk. LUISTER HIER:





Comments