Aktiviste bekommerd oor gebrek aan beskikbare literatuur vir vroeë kinderontwikkeling
- Armando Pieters

- Apr 23
- 1 min read
Woensdag word Wêreldboekedag gevier, maar plaaslike aktiviste is bekommerd dat die gebrek aan beskikbare literatuur by sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in Suid-Afrika, tot gebrekkige vaardighede in die grondslagfase lei. SABC-nuus berig volgens die jongste statistiek, het 61 persent van die 42-duisend-500 sentrums landwyd minder as 10 boeke vir elke 40 kinders. Slegs 56 persent van sentrums beskik oor ouderdomstoepaslike leesmaterial. Die nie-winsgewende organisasie, Santa Shoebox, is bekommerd oor die honderde duisende kinders wat geen toegang het tot boeke in die belangrike eerste vyf jaar van hulle ontwikkeling nie. Hulle het 70 000 boeke laat druk vir verspreiding by sentrums landswyd.





Comments