top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Allan Boesak vra vir dringende aanspreeklikheid van dié in magsposisies

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 28
  • 1 min read

'n Anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, bendegeweld, afpersing, swak lewensomstandighede, armoede en korrupsie benadeel steeds gewone Suid-Afrikaners. 


SABC News berig hy het Maandag gepraat tydens die bekendstelling van A New Freedom Campaign by die St. George’s-katedraal in Kaapstad, waar verskeie geloofsleiers hulle daartoe verbind het om vir die fundamentele regte van alle mense te veg. 


Boesak sê die aanhoudende gaping tussen ryk en arm weerspieël ’n dieper morele krisis in die land, en hy doen ’n beroep op dringende aanspreeklikheid van diegene in magsposisies.  


Boesak sê die mense van Suid-Afrika het te lank gely.


Allan Boesak. FOTO: News24
Allan Boesak. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page