Alle oë is op die Smiling Assassin in die Comrades-marathon
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 14
- 1 min read
Ongeveer 20 000 hardlopers het Sondagoggend 05:00 by die Durbanse Stadsaal aangetree vir die 99ste uitgawe van die Comrades-marathon.
Daily Maverick berig Alle oë is op die "Smiling Assassin", Gerda Steyn, wat daarop ingestel is om weer geskiedenis te maak. Sy mik na ’n vierde opeenvolgende oorwinning en haar vyfde algehele titel.
Steyn het in 2019 die eerste vrou geword om die ses-uur-grens vir die "op-roete" te breek in 'n merkwaardige tyd van 5:58:53. Sy het in 2023 die "af-roete" Frith van der Merwe se rekord van meer as drie dekades met nege minute verbeter.
Vanjaar se "op-roete" is 85,777 km, wat 133 m korter is as 2024 se "op-roete". Die algemene bestuurder van die Comrades Marathon Vereniging, Alain Dalais, sê dit is weens voortdurende infrastruktuur-opgraderings langs die roete.
In die nuwe drie-groep-wegspringstelsel sal ongeveer 10 000 hardlopers, insluitend die elite-atlete, in die eerste groep wegspring. Die tweede groep sal sowat 6 000 hardlopers insluit, terwyl die laaste groep uit ongeveer 4 000 deelnemers sal bestaan.








Comments