top of page

Amerika trek 'n Suid-Afrikaner se visum terug ná opmerkings oor Kirk

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 15
  • 1 min read

Die Amerikaanse staatsdepartement het 'n Suid-Afrikaner se visum terug getrek. Dit nadat Nota Nhlamulo Baloyi na bewering die sluipmoord op die medestigter van die konserwatiewe studenteorganisasie Turning Point USA, Charlie Kirk, "gevier" het.


Volgens The Citizen het Kirk se moord verskeie reaksies ontlok, en die Amerikaanse regering het ten minste ses sosialemediagebruikers dopgehou wat die sluipmoord vier, en gesê dié visa-houers is nie meer welkom in die land nie.


Onder dié was 'n plasing op X deur Baloyi, waar hy wit mense as "Neanderthals" geklassifiseer het.


Baloyi het met 'n verskoning op sosiale media gereageer.


FOTO: Pinterest
FOTO: Pinterest

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page