ATLETIEK: Bloemfontein se Parkin verbeter glo wêreldtyd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 24
- 1 min read
Updated: Feb 25
Die Bloemfonteinse hekkiesatleet, Jayden Parkin, is na bewering die nie-amptelik vinnigste o.20-mans 110m-hekkiesatleet.
Volgens Netwerk24 het die 18-jarige Hoërskool Sentraal atleek uitstaande by die Mangaung/Xhariep-atletiekbyeenkoms in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein presteer.
Parkin het die Australiër, Harrison Purcell, se tyd van 13.68 sekondes verbeter met 'n tyd van 13.6 sekondes.
Parkin se tyd is egter nie amptelik deur wêreldwye atletiekowerhede bekragtig nie, omdat die Vrystaat-stadion nie internaionale akkreditasie het nie, maar sy spoed oor die hindernisse trek aandag onder Suid-Afrikaanse baan- en veldondersteuners.
Plaaslike afrigters het sy tegniek en spoed geprys en opgemerk dat sy deurbraak 'n blink toekoms op die internasionale verhoog kan aandui.
Hy berei hom nou voor vir komende byeenkomste, met die doel om verder te verbeter en gevestigde jeugrekords uit te daag.







Comments