top of page

ATLETIEK: S.A. se mans aflosspanne is nuwe Wêreld-kampioene

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 12
  • 1 min read

Suid-Afrika se 4 x 100m- en 4 x 400m mansspane is die nuwe wêreldkampioene nadat hulle op die Wêreld-byeenkoms in Guangzhou, China met die goud kon wegstap. Akani Simbine, Sinesipho Dambile, Bradley Nkoana en Bayanda Walaza het die vinnigste tyd in die wêreld in 2025 opgestel in net 37.61 sekondes. Daar was asem opgehou oor ’n moontlike diskwalifikasie net voor die wegspring nadat Walaza sy posisie in die blokke verloor het maar gelukkig het die organiseerders aan hom ’n groen kaart gewys waar hy weer in die blokke kon sak. Die VSA wat goud in 2023 gewen het was tweede gevolg deur Kanada, Japan en Italië. Slegs ’n paar minute later was dit goue medalje nommer twee vir Suid-Afrika nadat Udeme Okon, Leendert Koekemoer, Zakithi Nene en Gardeo Isaacs die 4 x 400m gewen het in ’n nuwe nasionale rekord van 2:57.50 Die Suid-Afrikaanse dames het ook ’n plek op die podium gekry nadat Shirley Nekhubui, Zenèy Geldenhuys, Precious Molepo en Miranda Coetzee slegs .012 sekondes agter die VSA geëindig het vir die bronsmedalje.

 
 
 

Comments


bottom of page