Begroting: Alle oë is op die syfers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 25
- 1 min read
Alle oë is op die minister van finansies, Enoch Godongwana, wat Donderdag die regering se besteding, skuld en ekonomiese rigting vir die komende jaar sal uiteensit.
Volgens eNCA wag beleggers, besighede en huishoudings op leidrade oor die begrotingstekort, staatskuld en moontlike belastingveranderings.
Intussen sê die DA die begroting moet belastingkerwe en kortings in lyn met inflasie aanpas.
Hulle waarsku teen sogenaamde “stille belastings” of enige verhogings in persoonlike belasting, maatskappybelasting of BTW.
Die party verwag ook dat die staat sy skuldlas sal begin verminder.







Comments