Bek-en-klouseer beïnvloed landbouskoue regoor die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 8
- 1 min read
Updated: Feb 9
Geen diere met gesplete hoewe sal vanjaar by die Nampo-oesdag in Bothaville toegelaat word nie.
Dit weens die voortgesette bek-en-klouseerkrisis.
Volgens Landbouweekblad het die bestuur van Nampo, Graan SA en telersgenootskappe dié besluit ná ’n deeglike risiko-ontleding geneem.
Die oesdag vind van 12 tot 15 Mei plaas, maar sal stiller wees sonder beeste, skape en bokke. Slegs perde, honde en pluimvee sal toegelaat word - onder streng biosekerheidsmaatreëls.
Die impak word ook plaaslik gevoel. Rosestad-nuus het vroeër berig dat die Bloemskou se beeste- en kleinveeskou vanjaar afgestel is.
Ander afdelings van die skou in Bloemfontein, wat van 23 April tot 2 Mei plaasvind, gaan egter voort.
Organiseerders sê die besluit is noodsaaklik om verdere verspreiding van die siekte te voorkom.







Comments