Bekende kunstenaar van Bloemfontein sterf ná siekte
- Armando Pieters

- Jun 17
- 1 min read
Die bekende Bloemfonteinse kunstenaar, Kobus Kotzé, is in die ouderdom van 87 oorlede.
Bloemnuus berig sy vrou, Joe – ‘n kunstenaar in eie reg – het haar man se afsterwe op Facebook bekend gemaak.
Hy is twee weke gelede met griep in die hospitaal opgeneem, waar sy toestand vinnig versleg het.
Kobus en Joe se twee dogters, Hanlie en Mariaan, skilder ook en hul seun, Floris, bestuur die Kotzé Kunsgalery in Dan Pienaarrylaan.
Voormalige redakteur van Volskblad, Hennie van Deventer, skryf op Facebook Kotzé was een van die pioniers van Die Volksblad se Kunsmark in President Swart-park in Bloemfontein gedurende die jare ‘80.
Kotzé was ook ‘n bekende gesig by kunstefeeste in Suid-Afrika soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.





Comments