top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bester sê dit moet eers bewys word dat hy ontsnap het

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

Thabo Bester sê dit moet eers in ’n hof bewys word dat hy wél uit aanhouding ontsnap het, voordat hy as ’n ontsnapte gevangene bestempel kan word.


SABC News berig Bester, wat homself in die hof verteenwoordig het, voer aan sy grondwetlike regte word geskend deurdat hy reeds as ’n ontsnapte behandel word.


Hy het tydens sy betoog verwys na sy ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein in 2022, waar ’n brand in sy sel gebruik is om sy dood voor te gee.


Bester wil hê hy moet as ’n aanhoudingsgevangene herklassifiseer word terwyl die saak nog nie finaal beslis is nie.


Die hooggeregshof in Johannesburg het intussen sy uitspraak voorbehou.


Thabo Bester. FOTO: SABC News
Thabo Bester. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page