top of page

Bester se aansoek is van die rol geskrap

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 11
  • 1 min read

Die Pretoria-hooggeregshof het die dringende versoek van die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, van die rol geskrap.


Bester het die Hooggeregshof Dinsdag op ‘n dringende basis genader om sy oordrag na die eBongweni-gevangenis in Kokstad in KwaZulu-Natal te betwis.


Sy regspan het aangevoer dat hulle probleme ondervind om met hom te konsulteer voor sy komende ontsnappingsverhoor.


Regter Mamoloko Kubushi het egter gesê sy is nie oortuig dat die saak dringend is nie.


Thabo Bester. FOTO: SABC News
Thabo Bester. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page