Beweerde brooddieet vir VS psigiatriese pasiënte is vals
- Armando Pieters

- Feb 28
- 1 min read
Die gerugte dat psigiatriese pasiënte in die Vrystaatse Psigiatriese Sentrum in Bloemfontein net brood kry om te eet, is onwaar. Netwerk24 berig tydens hul besoek het hospitaalamptenare die teendeel bevestig en gesê dat gebalanseerde maaltye drie keer per dag aan meer as 700 pasiënte voorsien word. Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, verduidelik dat die pasiënte daagliks maaltye ontvang volgens ’n dieetkundige se goedgekeurde plan. Daar was ook gerugte dat die tuine verwaarloos is, maar Netwerk24 se besoek het bevind dat dit onwaar is. Hoewel die teerpaaie gehawend was, was die tuin netjies versorg, en in die kombuis was verskeie gesonde etes reeds voorberei.





Comments