BKS: 'As Brasilië dit kan stuit, kan ons ook'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
As Brasilië bek-en-klouseer die hoof kan bied, kan Suid-Afrika ook.
Dit is die mening van die uitvoerende hoof van Saai, Theo de Jager, in reaksie op die minister van landbou, John Steenhuisen, wat by Brasilië gaan aanklop het vir raad om dié siekte hok te slaan.
Netwerk24 berig De Jager sê Brasilië moes honderdmiljoene meer diere as Suid-Afrika inent, met minder hulpbronne; die verskil is egter dat boere, werkers en vrywilligers in Brasilië self die diere kon inent. Hy sê hier wil die staat alles beheer.
De Jager sê dit lyk nou of private toediening van die entstof wel toegelaat gaan word. Hy voeg by dit gaan nie net oor self inent nie, maar oor self versprei en self kan koop as die staat nie betyds koop nie. Hulle wil nie hê ’n staatsamptenaar moet alleen die besluit neem oor wie wanneer mag inent nie, want hulle weet nie wat is die dringendste nie.
De Jager sê hy verstaan wel nie waarom Steenhuisen nie van die kundigheid van die internasionaal gerekende veearts Gideon Brückner gebruik maak nie. Brückner was direk by die bekamping van bek-en-klouseer in Brasilië betrokke.
Brasilië is sedert Mei verlede jaar bek-en-klouseer-vry sonder inenting ná ’n stryd van meer as ses dekades.








Comments