BKS: Boere moet oppas vir ‘n entstof-bedrieër
- Armando Pieters

- Sep 1
- 1 min read
Die regering het die biosekerheidsbeampte van die rooivleisbedryfsliggaam gevra om ondersoek in te stel na ’n bedrieër wat boere oor die bek-en-klouseer-entstof en die toediening daarvan om die bos probeer lei. Volgens Landbouweekblad het ’n bedrieër glo al verskeie boere gekontak en beweer dat hy hulle kan help om die bek-en-klouseer-entstof teen slegs R80 per dosis te kry, en beweer ook dat hulle die entstof mag toedien. Die rooivleisbedryfsliggaam se uitvoerende hoof, Dewald Olivier, sê terwyl die ondersoek aan die gang is, wil hulle boere waarsku om nié die slagoffers van bedrieërs te word nie. Hy voeg by Bek-en-klouseer is ’n staatsbeheerde siekte. Dit is ook slegs staatsveeartse wat toegang het tot die entstof en ook mag nét staatsveeartse die inentings toedien.





Comments