top of page

Bloem DBV reageer ná diere nadelige reaksies toon

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 16
  • 1 min read

Volgens Bloemfontein se Dierebeskermingsverenining (DBV) het verskeie diere nadelige reaksies getoon ná ’n uitreik-dipprogram die afgelope naweek in Oranjesig.


Hulle sê op sosiale media hulle is ná Saterdag se program in kennis gestel dat ’n dipoplossing verkeerd gemeng is.


Diere wat simptome getoon het, het veeartsenykundige sorg ontvang en word steeds gemonitor.


Die DBV sê die betrokke produk se gebruik is onmiddellik opgeskort en regstellende maatreëls is ingestel om herhaling te voorkom.


Eienaars wie se diere gedip is en wat kommer het, kan die DBV direk kontak.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page