Bloemfontein leerders beïndruk in die Dink of Sink-debatskompetisie
- Armando Pieters

- Aug 23
- 1 min read
Die Vrystaatse streeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie het vir naelbyt-eindstryde in die junior en senior afdelings gesorg. Bloemfontein se C & N Sekondêre Meisieskool Oranje was weereens die gasheerskool vir die vyfde en voorlaaste streeksuitdun in vanjaar se kompetisie. In die kategorie vir junior hoërskoolleerders het Oranje se span “Raakpraters” as wenners uit die stryd getree, met Hoërskool Jim Fouché se “Woordewapens” as naaswenners. In die senior kategorie was Hoërskool Sentraal se span “Sentraal 1” die wenners, met Jim Fouché se “Aanvallende Anties (en ’n oom)” in die tweede plek. Luidens ‘n mediaverklaring is vanjaar se kompetisie besonder goed ondersteun, met 11 spanne wat in die junior afdeling deelgeneem het, en 21 in die senior afdeling. Volgens AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, sien hulle uit na die nasionale finaal wat vanjaar op 27 September in Centurion sal plaasvind.





Comments