Bloemfontein-polisie lê op koperkabels en voertuie in Heidedal beslag
- Armando Pieters

- Apr 2
- 1 min read
Die Bloemfontein-polisie het tien verdagtes in Heidedal, Bloemfontein, vir diefstal en besit van koperkabels in hegtenis geneem. Luidens 'n polisieverklaring het die polisie Woensdagoggend inligting ontvang oor 'n bakkie wat koperkabels by 'n woning in Dr. Belcherweg afgelaai het. By aankoms het die polisie 'n kamer vol koperkabels gesien en tien verdagtes, insluitend twee vroue, in die huis gevind. Die kabels, ter waarde van R125 000, word vermoedelik van Centlec gesteel. Twee voertuie is in beslag geneem. Die verdagtes sal binnekort in die Bloemfontein-landdros hof verskyn op aanklagte van diefstal, beskadiging van infrastruktuur en oortredings van die Immigrasiewet.





Comments