top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Boere hersien hul beplanningvir die somerproduksieseisoen weens El Niño

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 12
  • 1 min read

Die moontlikheid van ’n El Niño-weerstelsel laat landbouprodusente reeds hul beplanning vir die komende somerproduksieseisoen hersien.


Nova News berig Vrystaat Landbou se streeksverteenwoordiger in Bethlehem, Hendrik Knobel, sê boere is bewus van die uitdagings wat ’n El Niño-seisoen kan meebring en sal hul bestuurspraktyke daarvolgens begin aanpas.


Een van die belangrikste aanpassings is die moontlike vervroeging van plantdatums. Knobel sê vinniger kultivars van gewasse soos mielies en sojabone kan vroeër geplant word om die risiko van hitte- en vogstremming te verminder.


Intussen berig Daily Maverick dat die Japannese Meteorologiese Agentskap Donderdag aangekondig het dat El Niño amptelik hier is.


El Niño word veroorsaak deur ’n verwarming van die seeoppervlaktemperature in die tropiese Stille Oseaan, en veroorsaak versengende droogtes en brandende temperature.


GRAFIKA: South Carolina Public Radio
GRAFIKA: South Carolina Public Radio

 
 
 

Comments


bottom of page