By SUT gaan innovasie oor tegnologie én mense
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 24, 2025
- 1 min read
By die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), in Bloemfontein, gaan innovasie nie net oor tegnologie nie, maar ook oor mense. Terwyl die wêreldwye bewustheidsweek van trageostomiebuise herdenk word, staan die SUT langs Matthew Booth, 'n moedige 15-jarige atleet met 'n permanente trageostomie. Luidens ‘n plasing op SUT se sosiale media het hulle ingetree toe standaard mediese oplossings te kort geskiet het, en 'n pasgemaakte 3D-gedrukte titanium-buis ontwerp. Die buis help Matthew om makliker asemhaal te haal en om sy lewe ten volle te kan geniet. SUT voeg by, Matthew se storie is ‘n herinnering dat daar agter elke deurbraak ‘n hartklop en ‘n lewe wat saak maak is.




Comments