top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Byna 20 leerders is in nóg ‘n busongeluk beseer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 12, 2025
  • 1 min read

Negentien leerders het beserings opgedoen nadat 'n bus waarin hulle vervoer is agter in 'n vragmotor in Wadeville aan die Oosrand vasgery het. 'n Studie van die Padverkeersbestuurskorporasie dui aan daar was 323 noodlottige busongelukke in die afgelope vyf jaar in Suid-Afrika, en SABC News berig die verhoogte aantal ongelukke wek groot kommer. Sestien mense is vroeër die week oorlede nadat 'n bus beheer verloor het en op die R21-pad in Kempton Park omgeslaan het. Hierdie busongelukke volg ná 'n busongeluk in die Vrystaat waarin 10 mense oorlede is, én die busongeluk in Kwa-Zulu-Natal waar agt mense oorlede is.

 
 
 

Comments


bottom of page