top of page

Charlie Kirk: Meer jong mense woon kerk by ná sy moord

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 2
  • 1 min read

Volgens die bediening Communio het sommige pastore verklaar dat hulle ‘n toename in kerkbywoning in Amerika sien ná die moord op Charlie Kirk.


Dit is veral die geval onder jong volwassenes, waarvan sommige jare laas ‘n erediens bygewoon het.


Newskoop berig JP De Gance, president van Communio, ‘n bediening wat kerke help om beter te evangeliseer en hul uitreikvermoëns uit te brei, glo dat Kirk se boodskap baie jongmense geïnspireer het om die Christelike geloof deur ‘n kerkgemeenskap te ervaar.


Communio het berigte ontvang van verhoogde bywoning van verskeie godsdienstige denominasies, insluitend Anglikaanse, nie-denominasionele en Katolieke kerke.


De Gance het gesê Kirk se moord op ‘n jong ouderdom het blykbaar veroorsaak dat jongmense regoor die land hul lewens heroorweeg en ‘n Christelike gemeenskap soek.


Charlie Kirk. FOTO: Sky News
Charlie Kirk. FOTO: Sky News

Comments


bottom of page