top of page

Creecy besoek laaste twee pasiënte ná die N6-ongeluk

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 10
  • 1 min read

Daar is nog twee van die 27 pasiënte in die Bloemfonteinse Pelonomi-hospitaal ná die berugte N6-ongeluk. Luidens ’n kennisgewing van die Vrystaatse Departement van Gesondheid beplan Suid-Afrika se minister van Vervoer, Barbara Creecy, om Maandag die oorblywende twee pasiënte in die trauma-afdeling van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein te besoek. Rosestad-nuus het vroeër berig oor ’n botsing op die N6 wat 10 lewens geëis en 27 mense beseer het. LEES MEER: Twintig beseerdes ontslaan na N6 ongeluk Vrydag was 20 mense reeds ontslaan, met sewe pasiënte wat nog behandeling nodig gehad het.  

 
 
 

Comments


bottom of page