top of page

DA minister sê Onteieningswet is nie net negatief nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 31
  • 1 min read

Die Onteieningswet is tans een van die grootste kopsere tussen die DA en die ANC – maar dit is glo nie alles negatief nie. Die minister van openbare werke en infrastruktuur en DA-lid, Dean Macpherson, sê dat daar ook geldige redes is waarom die regering die wet benodig. Hy sê daar is gevalle waar onteiening nodig is en daarom fokus hy op die waarde wat die wetsontwerp kan bied ten opsigte van die land se ekonomiese groei. Daar is tans baie fokus op die moontlike onteiening van private eiendomme, veral kommersiële boerdery. Macpherson sê die Onteieningswet kan aan die ander kant veral Eskom help in sy pogings om kraglewering te verbeter.

 
 
 

Comments


bottom of page