Danie Botha sê sy voorspelling oor die wegraping het ’n geestelike ontwaking in Suid-Afrika opgelewer
- Armando Pieters

- Sep 25
- 1 min read
Die gospelsanger Danie Botha sê hy het “dag en nag” met mense oor die foon gepraat, en beweer hy het selfs mense oor die foon gedoop.
Dit kom nadat hy voorspel het dat die wegraping Dinsdag of Woensdag sou gebeur.
Botha het op 'n regstreekse Facebook-uitsending gesê hy wou “nooit iemand te na kom” met sy uitsprake nie en het ook “nie een sent” daaruit gemaak nie, maar “duisende mense” het daardeur tot bekering gekom.
Netwerk24 berig Botha sê dat selfs al is hy verkeerd, is dit steeds “feite” dat God met hom gepraat het oor die wegraping, dat hy en sy vrou die trompette hoor blaas het wat die wegraping aandui en dat daar verskeie tekens aan hom geopenbaar is.
Botha is veral op sosiale media gekritiseer oor sy uitlatings, maar dit skeel hom nie veel nie.
Hy hou vol dit wat hy gesê het, is in “goedertrou” gesê en dat dit ’n “geestelike ontwaking in Suid-Afrika” opgelewer het.





Comments