Daybreak Foods kry finansiële steun na duisende kuikens van kant gemaak is
- Armando Pieters

- May 12
- 1 min read
Die staat se Openbare Beleggingskorporasie, het R74 miljoen se onmiddellike finansiële steun aangekondig om die sukkelende hoenderprodusent, Daybreak Foods, in staat te stel om voer te koop en werkers te betaal. Ongeveer 350 000 kuikens is in die eerste week van hierdie maand van kant gemaak, waarvan sommige ‘n week lank sonder kos en water was. Die aankondiging kom nadat Daybreak gesê het dat hulle gedwing is om aansoek te doen vir besigheidsredding weens ernstige finansiële beperkings. Die fondse sal in die vorm van bedryfskapitaal voorsien word om die maatskappy se onmiddellike likiditeitsbehoeftes aan te spreek.





Comments