Derduisende hoenders word van kant gemaak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3, 2025
- 1 min read
Die eerste uitbrekings vanjaar van hoogs aansteeklike voëlgriep is op twee plase aangemeld. Landbou.com berig volgens die uitvoerende hoof van die Suid-Arikaanse pluimveevereniging se braaihoender-organissie, Izaak Breitenbach, is dit dieselfde stam wat wyd in Amerika en die Europese Unie versprei het. Sowat 200 000 hoenders is in Mpumalanga en die Noordwes-provinsie besmet. Breitenbach voeg by die twee uitbrekings hou nie met mekaar verband nie, en dit het nie verder versprei nie. Al die besmette hoenders op die twee teelplase vir braaihoenders word van kant gemaak. In 2023/24 het die eierbedryf miljarde rande se verliese gelei toe teelplase sowel as lêhenplase onder ‘n uniek Suid-Afrikaanse voelgriep-stam deurgekoop het.






Comments