Die adjunkpresident se reise kos belastingbetalers miljoene rande
- Armando Pieters

- Jun 4
- 1 min read
Adjunkpresident Paul Mashatile se reis na Japan vroeër vanjaar het die belastingbetaler R2,3 miljoen gekos, waarvan meer as R900 000 na sy en sy vrou se verblyf gegaan het. Volgens News24 moet die R2,3 miljoen nog by die meer as R5 miljoen gereken word wat aan sy reis na Ierland en Londen bestee is, wat glo hotelkoste van R2 miljoen insluit. Intussen het ActionSa se hoofsweep, Lerato Ngobeni, Mashatile vir 'n gedetailleerde verslag gevra oor sy reisuitgawes sedert die begin van sy administrasie in Julie verlede jaar. Volgens ActionSA se berekeninge het hierdie reise die land meer as R184 miljoen rand uit die sak gejaag.





Comments