Die appèlhof in Bloemfontein tik die RDK oor die vingers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Die appèlhof in Bloemfontein het die Regterlike Dienskommissie (RDK) oor die vingers getik nadat dit advokaat Johannes Hendriks Roelofse vir 'n permanente regterspos in Mpumalanga aanbeveel het.
Maroela Media berig die hof het bevind die aanbeveling was onwettig omdat die kommissie nie alle relevante inligting behoorlik in aanmerking geneem het nie.
Die hof sê die kommissie het onder meer bewerings oor Roelofse se uitstaande skuld en sy versuim om dit tydens die keuringsproses bekend te maak, nie behoorlik oorweeg nie.
Die appèlhof het ook bevind dat die kommissie belangrike besware teen sy aanstelling geïgnoreer het.
Die hof het gelas dat Roelofse se aansoek vir die regterspos dringend heroorweeg moet word.








Comments