top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die asbesdak-saak is wéér uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 10
  • 1 min read

Die R255-miljoen-asbesdaksaak in die Hooggeregshof in Bloemfontein is weer uitgestel—dié keer tot 20 Augustus.


Volgens SABC News is die saak uitgestel om beskuldigde nommer een, Nthimotse Mokhesi, verdere kans te gee om regshulp te bekom. Sy aansoek en appèl om deur Regshulp Suid-Afrika verteenwoordig te word, is egter reeds afgekeur, en die saak sal nou na die Regshulpraad verwys word vir hersiening.


Rosestad-nuus het vroeër berig die saak het hervat ná ’n onderbreking van vier weke.


Altesaam 18 beskuldigdes, insluitend die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule en sy voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.


Ter illustrasie. FOTO: Ace Magashule
Ter illustrasie. FOTO: Ace Magashule

 
 
 

Comments


bottom of page