top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die beweerde meesterbrein van onwettige mynbou ontsnap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 20, 2025
1 min read

Die beweerde meesterbrein agter die onwettige mynbou by Skag 11 in Stilfontein word steeds deur die polisie gesoek. Hy is bekend as “Tiger” en het verlede week uit aanhouding ontsnap. Nuusflits berig dat die polisie alle beskikbare hulpbronne ontplooi het om die verdagte op te spoor. Die waarnemende provinsiale kommissaris van die polisie in Noordwes het sy teleurstelling uitgespreek oor die ontsnapping. Hy beskou dit as ʼn verleentheid vir Operasie “Vala Umgodi” en waarsku dat koppe sal rol indien beamptes betrokke was by Tiger se ontsnapping. Tiger word ook  van ernstige misdrywe, insluitend marteling, aanranding en die opgaar van kos beskuldig. Die beeldmateriaal hiervan is aan die polisie oorgedra.

 
 
 

Comments


bottom of page