'Die bou van ‘n nasie is baie duur'
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 15
- 1 min read
Demokrasie is nie goedkoop nie en die bou van ‘n nasie is baie duur. So sê die hoof van Adjunkpresident Paul Mashatile se kantoor, Mduduzi Mbada, ná die konsepbegroting van meer as R700 miljoen vir voorbereidings vir die Nasionale Dialoog kritiek ontlok het. iOL berig President Cyril Ramaphosa het vroeër die week die groep vooraanstaande persone vir die Nasionale Dialoog, wat op 15 Augustus gehou sal word, aangekondig. Volgens Mbada het die voorbereidende taakspan het 'n begroting vir die byeenkoms opgestel wat aan die ministeriële komitee voorgelê sal word. Hy voeg by die regering is ook van voorneme om sy bestaande infrastruktuur en programme wat deur Statistiek Suid-Afrika en die Departement van Binnelandse Sake verskaf word, te gebruik om sommige bedryfskoste vir die Nasionale Dialoog te dek.





Comments