Die DA oorweeg regstappe na die begroting se fiskale raamwerk aanvaar is
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 2, 2025
- 1 min read
Die DA en MK-party dreig met regstappe nadat ActionSA en die IVP saam met die ANC gestem het om die fiskale raamwerk in die staande komitee oor finansies se sitting te aanvaar. Dít terwyl president Cyril Ramaphosa en die leier van die DA, John Steenhuisen, steeds Dinsdag besig was met intense onderhandelinge oor die begroting met spesifieke verwysing na die voorgestelde BTW verhoging. Die nasionale begroting en die voorgestelde wysigings sal in die komende dae in die Nasionale Vergadering bespreek word. Business Tech berig ActionSA sê dit sal nou die verantwoordelikheid van die parlement saam met die Nasionale Tesourie wees, om alternatiewe inkomste- en uitgawevoorstelle binne 30 dae te finaliseer. Volgens die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, sal die party regsopsies oorweeg om veral die wettigheid van die prosedures van gister se vergadering na te sien. LUISTER HIER:







Comments