top of page

Die DA sê nee vir die ANC se voorstel om nog partye by die RNE toe te laat

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 12
  • 1 min read

Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê hy verwerp ʼn voorstel van die ANC om die regering van nasionale eenheid uit te brei deur nog partye tot die groepering toe te laat.

Hy het Maandag tydens sy party se bekendstelling van ʼn plan om die land se ekonomie weer op koers te kry gepraat.

Steenhuisen meen hierdie rigting met die regering kan die koalisie belemmer en die spanning wat reeds binne die regering van nasionale eenheid heers verhoog.

Hy sê daar is nog geen amptelike kommunikasie oor die besluit aan die ANC se vennote binne die regering deurgegee nie.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page