Die FlySafair-vlieënierstaking het amptlik tot ‘n einde gekom
- Armando Pieters

- Aug 1
- 1 min read
Die FlySafair-vlieënierstaking het ná die ondertekening van 'n formele ooreenkoms tussen die lugrederybestuur en Solidariteit amptlik tot ‘n einde gekom. Travel News berig dit kom ná etlike weke van onderhandelinge onder leiding van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. FlySafair sê dat hulle sal begin om volle kapasiteit vir hul vlugte te herstel. Die lugredery verwag ook dat vliegkaartjiepryse in die komende weke sal stabaliseer namate meer sitplekke oor die netwerk beskikbaar word en vliegtuie weer in werking tree. FlySafair se hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, se hulle is bly hulle kon tot ‘n konstruktiewe oplossing kom wat hulle staat stel om vorentoe te beweeg.





Comments