Die Good-party sê Gwarube ondermyn die Bela-wet
- Armando Pieters

- Aug 8
- 1 min read
Die Good-party sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, ondermyn die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela).
Gwarube het hierdie week die publikasie van die Bela-wet vir openbare kommentaar aangekondig. Volgens Good het die publikasie ernstige kommer onthul.
Die party sê die bewoording van die regulasies weerspieël nie die oorspronklike bedoeling van die wet om verouderde toelatings- en taalbeleidsraamwerke te hervorm nie.
Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê gemeenskappe moet hul stemme oor hierdie regulasies laat hoor tydens die openbare deelnameprosesse.
LUISTER:





Comments