top of page

Die hertogin van York sê destyds sy beskou Epstein as 'n vriend

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 22
  • 1 min read

Die Hertogin van York, Sarah Ferguson, het in ʼn e-pos in 2011 die pedofiel Jeffrey Epstein ‘n goeie vriend genoem.

Volgens The Sun en The Mail het Ferguson die epos gestuur ten spyte van Epstein se skuldigbevinding aan seksuele oortredings.

Die e-pos is gestuur gestuur nadat die hertogin haarself in die openbaar van die geskandeerde finansier gedistansieer het.

‘n Woordvoerder van die hertogin het gesê die e-pos was gestuur om ‘n dreigement wat Epstein gemaak het om haar vir laster te dagvaar, teen te werk.

 
 
 

Comments


bottom of page