Die hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot sê onderbefondsing stel maritieme veiligheid in gevaar
- Armando Pieters

- Jul 20
- 1 min read
Die hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot, vise-admiraal Monde Lobese, sê die Nasionale Tesourie stel maritieme veiligheid in gevaar deur die entiteit te onderbefonds. Hy het gister die Gesamentlike Staande Komitee van Verdediging oor die stand van die vloot toegespreek. Volgens Lobese het president Cyril Ramaphosa aangedui dat die Nasionale Tesourie die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag met 1,7% van die Bruto Binnelandse Produk moet befonds. Lobese sê dat hulle bewus is van die uitdagings waarmee die land te kampe het, maar dat dit nie onderhandelbaar kan wees nie. Die komitee het onderneem om in te gryp.





Comments