top of page

Die Kommandowurm-uitbraak in die Vrystaat neem toe

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 28
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Landbou sê hulle weet van 70 gevalle in die Xhariep-distrik waar kommandowurms aangemeld is. Nog dertien gevalle is volgens SABC News ook in die Lejweleputswe-distrik aangemeld, asook 11 in Boshoff, een in Deasville en een op ‘n Hertzogville-plaas. Chemikalieë en spuite word aan geaffekteerde boere in Petrusburg en Jacobsdal verskaf en dit sal ook binnekort aan geaffekteerde gebiede in die Mangaung Metro Munisipaliteit verskaf word. Rosestad-nuus het vroeër berig dat vee-eienaars versoek word om diere uit die geaffekteerde weivelde te verwyder sodra die wurms opgespoor is, asook om die staatsveearts of hul plaaslike dieregesondheidstegnikus dringend daarvanin kennis stel.

 
 
 

Comments


bottom of page