Die Lourierpark-saak is uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 16
- 1 min read
Die Lourierpark-saak is weens onvoorsiene hofprosesse uitgestel.
Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sou die saak Donderdag aangehoor word, maar ’n nuwe hofdatum sal eers later bevestig word.
Rosestad-nuus het vroeër berig die saak dien in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein en handel oor beplande behuisingsontwikkeling in die gebied.
Die hof het voorheen beslis dat ’n bestaande hofbevel van krag bly terwyl partye probeer om ’n werkbare oplossing te vind.
Die geskil sluit onder meer in of noodsaaklike dienste soos water, sanitasie en elektrisiteit beskikbaar sal wees voordat ontwikkeling voortgaan.








Comments