Die Mangaung-metro vra vir kalmte ná onrus
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 25
- 1 min read
Updated: May 26
Die Mangaung-metro vra inwoners om kalm te bly ná onrus en plundering wat met ’n beplande stilstandaksie in dele van Bloemfontein en Botshabelo verband hou.
Volgens ‘n mediaverklaring hou die betogings verband met kwessies rondom buitelandse burgers, taxibedrywighede en dienslewering.
Die munisipaliteit sê hoewel gemeenskappe regmatige kommer oor onder meer werkloosheid, misdaad, swak paaie, behuising en dienslewering mag hê, regverdig dit nie geweld, plundering, intimidasie of die ontwrigting van skole en openbare dienste nie.
Uitvoerende Burgemeester Gregory Nthatisi sê die vernietiging van infrastruktuur en aanvalle op ondernemings benadeel uiteindelik plaaslike gemeenskappe en die ekonomie.
Die munisipaliteit doen ook ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe om stabiliteit te herstel en op te tree teen diegene wat by geweld en plundering betrokke is.
Intussen sê polisiewoordvoerder, Lt Kol, Thabo Covane, meer as 140 mense is in hegtenis geneem tydens die onrus en plundering van spazawinkels wat deur buitelanders besit is in dele van die metro.








Comments